Inkomstebelastingwet moet voor 31 Desember 2021 gewysig word

Die Namibiese minister van finansies, Iipumbu Shiimi, het vandag in die Nasionale Vergadering gevra dat inkomstebelastingwet voor 31 Desember gewysig moet word. Hy het verduidelik dat die Europese Unie Namibië op 22 Februarie verwyder het van die lys van nie-samewerkende jurisdiksies rakende belastingaangeleenthede. Namibië is van die lys verwyder weens sy verbintenis tot die implementering van kriteria wat deur die EU gestel is, wat die afskaffing van belastingaansporings en vrystellings vir geregistreerde vervaardigers en uitvoerverwerkingsone EPZ-operateurs insluit. Shiimi sê die wetsontwerp is deurslaggewend en sal gevolge hê as dit nie teen 31 Desember 2021 deurgevoer word nie.