Inisiasie-sterftes: strenger vonnisse nodig

Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, het ‘n beroep gedoen vir strenger vonnisse vir inisiasieskole waar tragedies plaasvind. Die oproep volg ná 31 sterfgevalle onder jong mans sover gedurende hierdie jaar se inisiasie-seisoen aangemeld is. Die provinsiale regering skarrel rond om oplossings te vind vir wat Mabuyane beskryf as nóg ‘n pandemie. Hy sê behalwe om wette en regulasies in plek te stel, moet meer gedoen word om sterftes te voorkom, sowel as om die groot toename in die aantal onwettige inisiasieskole, te stuit: