Ingewandskoors nog nie ‘n uitbreking nie

Die Stad Tshwane doen ‘n beroep op inwoners om nie paniekerig te raak nie, aangesien die sporadiese gevalle van ingewandskoors dopgehou word. Daar is tans nege laboratorium-bevestigde gevalle in die stad. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het bevestig ingewandskoors is in dele van die land opgespoor. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê egter die gevalle in Tshwane is geïsoleerd en kan nie as ‘n uitbreking geklassifiseer word nie:

Namibië ervaar ook maagversteurings maar daar is geen bevestiging van ingewandekoors nie. Die voormalige gesondheidsminister, dr. Bernard Haufiku het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die plaaslike stand van sake moet fyn dopgehou word.