Ingevoerde voertuie onder die loep

Die Namibiese Inkomste-Agentskap, Namra, in samewerking met die Namibiese polisie en die Paaie-owerheid, werk saam om die onwettige handel en/of bedrieglike registrasie van voertuie te bekamp wat ingevoer word van buite die Suider-Afrikaanse Doene-gebied. Namra sê voertuie moet by grensposte verklaar word en registrasie moet binne drie dae na invoer na die Namibiese polisie geneem word vir verifiëring.