Informele motorwassers ontevrede met Stad se water-maatreëls
Informele motorwas-operateurs het kommer uitgespreek oor Stad Windhoek se nuwe waterbesparingsmaatreëls na aanleiding van die munisipaliteit se verklaring van ‘n kategorie D-droogte as gevolg van verergerende waterskaarste. Besparings moet in die kategorie 15 persent beloop en slegs gesertifiseerde kommersiële motorwasserye sal toegelaat word om te bedryf. Die stad het minimum 400 van die informele besighede en huishoudings maak staat op die inkomste.