Inflasie sal verder styg

Die Namibiese makelaarsfirma Cirrus Data berig dat die jaarlikse inflasie vir Junie vanjaar 4,1 persent is. Dit is die hoogste vlak sedert Mei 2019. Junie 2021 se inflasiekoers vergelyk teen 2,1 persent in Junie verlede jaar en 3,8 persent in Mei 2021. Namibiese ekonoom, Cheryl Emvula, plaas dit in perspektief vir Kosmos 94.1 Nuus.