Inflasie kan val, maar Namibië steeds kwesbaar

Simonis Storm berig dat terwyl die nominale BBP in die tweede kwartaal van 2023 sedert 2019 met 32,4% gestyg het, het die reële BBP oor dieselfde tydperk relatief stagnant gebly, en ‘n toename van slegs 6,4% gesien. Dit illustreer duidelik hoe inflasie groei geleidelik geërodeer het met verloop van tyd. Dit lyk of inflasie begin afneem het in die tweede kwartaal en Simonis Storm verwag dat hierdie tendens tot die einde van die jaar sal voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein gesels oor Namibië se situasie, wat die land ten spyte van dalende inflasie nog steeds kwesbaar maak, gesien sy afhanklikheid van invoere.

Op ‘n vraag oor wat daaraan gedoen kan word, het hy geantwoord: