Inflasie in SA styg tot 7,6%

Inflasie in die buurland het vanaf 7,5 persent in September tot 7,6 persent in Oktober gestyg. Statistieke Suid-Afrika het vandag die syfers bekend gemaak, wat ‘n 0,4 persent maandelikse verhoging in Oktober toon. Die belangrikste bydraers tot inflasie was voedsel en nie-alkoholiese drankies, wat op ‘n jaargrondslag met 12 persent gestyg het en vervoer, wat met 17,1 persent toegeneem het. Verder het die pryse van graan, mieliemeel en ander graanprodukte met 19,5 persent gestyg. Ekonome verwag intussen die Reserwebank gaan môre sy terugkoopkoers met 75 basispunte verhoog weens risiko’s rondom die inflasie-vooruitsig.