Inflasie effe op na 4,6%

Die verbruikersprysindeks vir Januarie staan op 4,6 persent teenoor 4,5 persent wat in Desember aangeteken is. Voedsel is duurder as in Desember en terwyl vervoer ‘n groot bydrae aan vir verbruikersmandjie maak, is dit onveranderd tussen die twee maande. Goedere het uiters duur geword en inflasie vir die afdeling is op 5,8 persent gemeet. Die Namibiese Statistieke-agentskap, wat die syfers bekend gemaak het, sê vervoer, kos en nie-alkoholiese drankies dra die meeste tot inflasie by.