Infeksie-koers per kapita is hoër as Indië sin

Op die oomblik is Namibië se infeksie-koers hoër as die huidige koers in Indië. Plaaslik is daar 255 gevalle per 100 000 mense en in Indië is daar 43. Ekonome is van mening dat om die pandemie uiteindelik hok te slaan moet meer inentings plaasvind. Net minder as 15 000 Namibiërs is ten volle ingeënt. Die goewerneur van die Bank van Namibië het vroeër gesê dat inentings deel van die ekonomiese herstelplan ge-ag moet word. Die voormalige president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid Sven Thieme het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy stem saam met die siening.