Inentingsveldtog vir Namibiese vragmotorbestuurders

Die Walvisbaai Korridorgroep in samewerking met die gesondheidsministerie, Paaie-owerheid en Engen Namibia het vandag amptelik ‘n Covid-inentingsveldtog vir vragmotorbestuurdes van stapel gestuur. Edward Shivute van die groep het gesê die veldtog is reeds vanaf 3 September aan die gang en landwyd is 140 vragmotorbestuurder tot dusver ingeënt. ‘n Kenner in die vervoerbedryf, Stefan Terblanche, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy verwelkom die inisiatief.

Hy het bygevoeg dat alhoewel niemand gedwing sal word om ingeënt te word nie, word vragmotorbestuurders van die voordele van inentings ingelig.