Inentings: Zim het ook drakonies maatreëls

Dit is nie net in Europa waar vereistes stadig maar seker begin om te eis dat mense ten volle ingeënt is teen Covid nie. In Zimbabwe het owerhede aangekondig dat alle persone op tabak- en katoenhandelsvloere ten volle teen Covid ingeënt moet wees of hulle sal nie toegang gegun word nie. Die regering se Graan Bemarkingsraad het ook sy personeel opdrag gegee om ten volle ingeënt te wees teen die einde van hierdie maand of hulle sal hulle werk verloor. Verskeie ander beperkings is ook aangekondig vir lede van die publiek. Nuusagentskappe berig dat honderde Zimbabwiërs reeds vroeg begin toustaan by inentingslokale om die spuit te neem.