Inentings: Namibiërs begin pandemie ernstig opneem

Die Namibiese gesondheidsministerie is baie tevrede met die tempo van inenting op die oomblik. Die amper 74 000 Namibiërs wat met AstraZeneca ingeënt is, kom stelselmatig aan vir hulle tweede spuit. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die ministerie sê dit is ‘n positiewe teken dat mense begin ernstig raak in die stryd teen die pandemie.