Inentings, immuniteit en warm weer lei na afname in Covid

‘n Analise deur High Economic Intelligence in die hoofstad toon dat Namibië daagliks ongeveer 73 nuwe gevalle van Covid in die afgelope sewe dae bevestig het, 5 persent minder as in die vorige week. Volgens die makelaarsfirma, kan die daling in gevalle toegeskryf word aan inentings sowel as verhoogde immuniteit wat deur die derde vlaag meegebring is. Sterfgevalle is steeds laag, op 31 in die afgelope week maar, is 11 persent hoër vergeleke met die vorige week. Dit word toegeskryf aan langtermyn hospitalisering van Covid-pasiënte. Die hoeveelheid pasiënte wat herstel het is ook 15 persent hoër as in die vorige week, aangedryf deur verhoogde immuniteit en warmer weerstoestande.