Inentings en ekonomiese herstel loop saam – Cyril

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die inenting van die meeste volwassenes teen Covid-19 is ‘n onontbeerlike komponent vir die welslae van die land se ekonomiese herstel. Hy het in sy afsluitingstoespraak by die lekgotla van die ANC se nasionale uitvoerende komitee gesê veldtogte word opgeskerp om mense aan te moedig om hulle te laat inent. Ramaphosa sê die aankoms van entstowwe maak dit nou vir die land moontlik om groter vryheid van beweging, groter ekonomiese bedrywighede en minder beperkings op sosiale interaksie te bereik: