Inenting verpligtend by Mediclinic

Die hospitaalgroep Mediclinic in Suid-Afrika het besluit om inenting teen Covid-19 verpligtend te maak vir alle mense wat in sy hospitale werk, asook vir sy ander personeel. Die beleid word op 1 Oktober in werking gestel en gaan in fases ingestel word. Die finale sperdatum waarteen alle personeel ingeënt moet word, is 1 Februarie 2022. Volgens ‘n mediaverklaring is die doel is om ’n veilige en positiewe omgewing te skep vir die behandeling van pasiënte sowel as vir personeel, geassosieerde dokters, gesondheidswerkers en ander diensverskaffers.