Inenting op Universiteit Stellenbosch dalk verpligtend

Dit is ’n “institusionele prioriteit” vir die Universiteit Stellenbosch dat alle personeel en studente ingeënt moet word en dat inenting verpligtend gemaak word sodat personeel en studente in 2022 na die kampus kan terugkeer. Die universiteit het gesê dit word beskou as in die belang van gesondheid en veiligheid. Die universiteit sê ’n taakspan is besig met ’n risikobepaling om die verskillende faktore te identifiseer wat tersaaklik is. Die uitkoms van die risikobepaling sal rigting gee aan die universiteit se besluit rondom verpligte inentings.