Inenting noodsaaklik vir sport- en kultuurbedryf

Die LUR vir kultuursake en sport in die Wes-Kaap, Anroux Marais, sê inenting is die sleutel om geleenthede vir die publiek te heropen. Marais sê in ‘n verklaring sê sy is bemoedig deur die manier waarop kunstenaars en plekke steeds aanlyn geleenthede aan die gehoor bied. Sy voeg by ten spyte hiervan kry die bedryf steeds swaar weens ‘n gebrek aan gehore wat geleenthede kan bywoon. Die LUR se woordvoerder, Stacy McLean, sê inentings sal ook voordelig wees vir die sportbedryf.