Inenting – kry jou feite reg

Namibia Fact Check, ‘n projek van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ondersoek ingestel na Covid-sterftes in die land, en inenting. Daar is talle plasings op sosiale media dat die inenting sterftes of veroorsaak of, dit keer glad nie ‘n erge Covid-infeksie nie. Volgens die projek, het Namibië tussen 28 Mei en 15 Junie 245 Covid-sterftes aangeteken. In vyf van die gevalle was persone wat een dosis van die entstof ontvang het en twee was ten volle ingeënt. Daar is nog geen sterfgeval aangemeld as gevolg van die entstof nie en ondersoek word op die oomblik ingestel na die oorsaak van een sterfte etlike ure na die inenting ontvang is. Die projek sê in die VSA is die sterftesyfer as gevolg van die inenting tans op 0,0017 persent en in Indië is een sterfte bevestig, uit 250 miljoen inentings, wat met die spuit gekoppel kon word.