Ineenstorting van Namibiese suiwelproduksie gevrees

Met nóg twee plaaslike suiwelprodusente wat die Namibiese melkbedryf in Julie verlaat het, word gevrees vir die ineenstorting van die bedryf. ’n Ineenstorting sal beslis ’n toename in werksverliese meebring, terwyl geld uit die land sal vloei vir ingevoerde suiwelprodukte. Volgens die Namibiese Landbou-unie was die produksie van rou melk 21 miljoen liter in 2019, wat tot 17 miljoen liter in 2020 gedaal het, terwyl die verwagtinge vir 2021 slegs ongeveer 12 miljoen liter voorspel.