Indringerplantspesies speel rol in brande in Wes-Kaap 

Kommer heers oor die moontlike rol wat indringerplantspesies in die verwoestende brande in Table View, Somerset-Wes, Stellenbosch en Helderberg speel. ‘n Woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van omgewingsake, Andricus van der Westhuizen, sê dié spesies kan dalk die oorsaak van die vinnige verspreiding van sulke brande wees. Die Helderberg-natuurreservaat sal in die komende maand gesluit wees om die biodiversiteitspan ‘n geleentheid te gee om die skade te bepaal en om ook te bepaal watter herstelmaatreëls ingestel moet word.