Indiese skaakspeler maak geskiedenis

Die 18-jarige Gukesh Dommaraju het geskiedenis gemaak toe hy die jongste klassieke skaak-wêreldkampioen ooit geword het. Hy het Ding Liren van China in die eindronde in Singapoer geklop. Die tiener van Indië neem die titel van jongste skaakkampioen oor by die Rus, Gary Kasparov, wat 22 was toe hy byna vier dekades gelede die jongste kampioen geword het. Gukesh sê sy oorwinning is die beste oomblik van sy lewe: