Indiese park het glo nie genoeg prooi vir Afrika-jagluiperds  

Die Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh in Indië, wat tans 20 jagluiperds huisves wat uit Afrika ingebring word, het nie genoeg prooi om al die katte te onderhou nie. Agt jagluiperds van Namibië en 12 van Suid-Afrika is tussen September 2022 en Februarie vanjaar na Indië verskuif om die uitgestorwe spesie daar te hervestig. Volgens ‘n natuurwetenskaplike dr. Yadvendradev Jhala is daar ongeveer 20 takbokke – die jagluiperd se vernaamste prooi – per vierkante kilometer beskikbaar in die park. by Dit sou hoogstens 15 jagluiperds onderhou, en vyf ander moes elders verskuif gewees het.