Indië sal eers weer entstof teen die einde van die jaar kan verskaf

Die Serum-instituut van Indië hoop om teen die einde van die jaar weer Covid-19-entstowwe na Covax en individuele lande te begin uitvoer. Die Instituut is die belangrikste verskaffer aan die Covax-program, en het die uitvoer van entstowwe gestaak nadat Indië deur ‘n tweede vlaag Covid-19 getref is. Die Instituut het reeds meer as 200 miljoen dosisse afgelewer. Indië is een van die 2 digsbevolkte lande ter wêreld en ‘n inentingsveldtog sal nie binne maande voltooi kan word nie. Die Instituut meen dit sal twee tot drie jaar duur alvorens die hele wêreldbevolking volledig ingeënt is.