Indië klop Skotland

Krieket: Indië het Skotland in styl met agt paaltjies in ‘n Super 12-wedstryd in Dubai
verpletter. Die oorwinning verseker vir Indië nou nog ‘n geleentheid om in die T20
Wêreldbeker te kan vorder. Indië het Skotland eers uitgeboul met 85 vir 17 boulbeurte
en vier balle. Daarna het hulle vir ‘n blote ses boulbeurte en drie balle die wenlopies
afgekolf. Die Proteas kom vanmiddag in Sharjah teen Engeland te staan in ‘n wedstryd
wat hulle moet wen.