In enige ander land sou daar stappe gewees het – Biti oor Zim politieke geweld

Ten minste 16 verdagtes is in Zimbabwe in hegtenis geneem in verband met geweld wat een persoon se lewe geëis em 22 beseer het tydens ‘n opposisie-optog. Volgens die polisie het aktiviste van die regerende party, Zanu-PF, lede van die Citizens’ Coalition for Change aangeval toe hulle op pad was ‘n toespraak van hul partyleier, Nelson Chamisa. Hy moes sy toespraak kortknip toe aanvallers pangas, messe en tradisionele swepe gebruik het. Tendai Biti, adjunkpresident van die Citizens’ Coalition for Change-party, sê Nuus ander Afrika-staatshoofde tree op in dié verband.