Impalila-inwoners eis brug, dienste

Inwoners van Impalila-eiland plaas op die oomblik druk op die Namibiese regering om hulle met dienste te voorsien om sodoende hulle afhanklikheid op die Botswana-weermag te verminder. Inwoners van die eiland maak staat op Kasane, in Botswana, om voorraad, hetsy medies, voedsel en meer, te bekom. Hulle moet ook deur Kasane om na Namibië te kom. Hulle eis dat ‘n brug van die eiland gebou word wat hom verbind aan Namibië. Van die inwoners sê ook dat die vriendskap tussen Botswana en Namibië net deur die twee presidente van die twee lande gedeel word en dat hulle uiters swak deur inwoners van die buurland behandel word. Die Namibiese minister van werke en vervoer John Mutorwa het onlangs ‘n 60 miljoen Namibiese dollar projek vir die opgradering van paaie op die eiland bekend gestel.