IMF stel grootste leningsregte-fasiliteit ooit, bekend

Die Internasionale Monetêre Fonds het ‘n nuwe algemene toewysing van spesiale leningsregte goedgekeur, gelykstaande aan 650 miljard Amerikaanse dollar, die grootste in die geskiedenis van die IMF. Dit is ‘n poging om die globale likiditeit te versterk te midde van die Covid-pandemie. Die toewysing sal alle lede van die fonds bevoordeel, die wêreldwye behoefte aan reserwes op lang termyn aanspreek, vertroue kan opbou en die veerkragtigheid en stabiliteit van die wêreldekonomie bevorder. Dit sal veral die kwesbaarste lande wat sukkel, help om die impak van die Covid-krisis die hoof te bied. Ongeveer 275 miljard dollar gaan na ontluikende markte en ontwikkelende lande, insluitend lae-inkomste lande. Chris Hart, ‘n ekonoom in Suid -Afrika, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.