Imanuwela David het blykbaar rooftog erken

Plaaslike media berig dat die omstrede Imanuwela David tydens ondervraging, waar Wally Rhoode, die hoof van die presidensiële beskermingseenheid, ook teenwoordig was, erken het dat hy wel by President Cyril Ramaphosa se plaas ingebreek het en 300 000 Amerikaanse dollar gesteel het. Hy erken ook volgens die opname dat ‘n huishulp wat hulle van die kontant ingelig het, 200 000 Amerikaanse dollar vir haar moeite ontvang het. Daar is vroeër in Suid-Afrika berig dat David eers as sekuriteitswag by ‘n myn in die buurland gewerk het. Volgens die jongste berigte meen hy armoede het hom daartoe gedryf. Die diefstal het op 9 Februarie 2020 plaasgevind en hy het op 12 Junie dieselfde jaar Namibië onwettig binnegekom. Daar is daardie tyd berig dat hy ‘n voortvlugtige vanuit Suid-Afrika was maar, hy was verbind met transito-rooftogte.