Imalwa vra Fishrot-lot se bateregister aan by kurators

Die aanklaer-generaal Martha Imalwa het ‘n hofaansoek ingedien om die twee kurators van die bates van die Fishrot-beskuldigdes, Dave Bruni en Ian Mclaren te dwing om aan haar ‘n bateregister te voorsien. Haar aansoek kom na aanleiding van die twee wat vra om van hulle pligte onthef te word. Die twee sê hulle werk word bemoeilik deur die Teenkorrupsie-kommissie en ander regeringsagentskappe. Imalwa vra ook dat die kurators haar voorsien met inligting oor enige inkomstes wat die groep intussen verdien het sowel as finansiële state van die betrokke maatskappye. Imalwa sê die hof kan nie ‘n nuwe kurator aanstel indien die nodige inligting voorsien word nie.