Imalwa kry toestemming om te appelleer teen Gustavo-borg

Die hoofregter, Peter Shivute het toestemming aan die aanklaer-generaal se kantoor gegee om te appelleer teen vrylating van Fishrot-verdagte Ricardo Gustavo op 800 000 Namibiese dollar se borg. Regter Herman Oosthuizen het hom die borg in Desember verlede jaar, met streng voorwaardes toegestaan. Die staat meen dat die borgaansoek nie op nuwe feite gebring was nie en dus, moes borg weer geweier word, soos in die landdroshof. Dit is nie bekend wanneer die aansoek in die hof gebring sal word nie.