IJG voorspel opbrengs van 23,8% op MTC-aandele

IJG Sekuriteite in die hoofstad het ‘n inisieeringsverslag oor MTC uitgereik. Die makelaarsfirma sê dat wanneer berekeninge gedoen word op standaard waardasie tegnieke, sal beleggers rondom 23,8 persent opbrengs op hulle belegging kry. IJG sê die aandeel sal teen ongeveer 9 dollar en 84 sent verhandel. Die firma voeg by dat daar wel risiko is vir MTC se winsgewendheid veral in verband met die deel van infrastruktuur, die swak ekonomiese toestande wat verbruikers op voorafbetaalde tariewe gedwing het, en die feit dat WhatsApp en ander gesels toepassings meer gewild is as standaard SMS’e. Die telekommunikasie bedryf in Namibië is ook versadig.