Iga skop WTA-eindtoernooi met oorwinning af

Die wêreld nommer een, Iga Swiatek, het Daria Kasatkina in skoon stelle geklop om die WTA-eindtoernooi met ‘n oorwinning af te skop. Die agt enkelspelers wat die hoogste op die ranglys is, asook dubbelspelspanne, ding mee in die jaareindtoernooi in Texas. Die 21-jarige Swiatek van Pole het die Rus 6-2, 6-3 verslaan, wat haar 46ste oorwinning in skoon stelle vanjaar is: