IFP sê ANC het misluk

Die leier van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, sê die ANC misluk om Suid-Afrika te regeer. Volgens Hlabisa moet die burgery die regerende party weens die elektrisiteitskrisis met die verkiesings in 2024 uit die kussings lig. Hy sê sedert André de Ruyter as uitvoerende hoof van Eskom aangestel is, het die situasie by die dag vererger.