Ietermagôsmokkelaars, kameelperdjagter kry stewige vonnisse

Twee Namibiese ietermagôsmokkelaars en ‘n kameelperdjagter is stewige vonnisse opgelê. Matheus Mughoghora Mukoya en Steven Kahengutji het ‘n boete van 30 000 Namibiese dollar of gevangenisstraf van vyf jaar gekry nadat hulle op 8 Junie verlede jaar met ‘n ietermagôvel in hul besit by Mukwe in die noordooste van die land vasgetrek is. Die kameelperdjagter, William Ramseb, is vir drie jaar tronk toe gestuur nadat hy op 13 Julie vanjaar met ‘n kameelperdkarkas by Oshivelo betrap is.