Ietermagô’s loop steeds deur

Wildmisdaad duur onverpoosd in Namibië voort. Op Epako in die Omaheke-streek het die Namibiese polisie ‘n 31-jarige man betrap met ‘n ietermagô vel. Die man is gevang na ‘n spesiale operasie. Die ondersoek duur voort en hy sal binnekort in die hof verskyn. Intussen is daar ‘n verdagte in Katima Mulilo in hegtenis geneem in besit van kudu-vleis, ‘n vuurwapen en ammunisie waarvoor geen lisensie of permit verskaf kon word nie. Die man is gearresteer en die ondersoek duur voort.