Iesegrimmige dolfyn byt Japannese swemmers

Strandgangers in die Japannese streek Fukui is gewaarsku om weg te bly van ‘n iesegrimmige dolfyn wat daarvan beskuldig word dat hy die swemmers byt. Strandbewaarders het gister ‘n toestel opgestel wat ultrasoniese-golwe uitstraal in ‘n poging om hom af te weer. Plaaslike media sê minstens tien voorvalle van dolfynbyte is aangeteken sedert die strand vroeër die maand vir die somer geopen het. Daar word geglo net een dolfyn is verantwoordelik vir die reeks aanvalle.