Ierland verwag groot aanslag van Wallis

Rugby: Internasionale aksie keer die naweek terug met die Sesnasies-reeks. Die verdedigende kampioen, Ierland, is môremiddag in Dublin gasheer vir Wallis voordat Skotland die ou vyand, Engeland, op Murrayfield in Edinburgh verwelkom. Die laaste wedstryd van die naweek sal Sondag tussen Frankryk en Italië in Lille plaasvind. Ierland het verlede seisoen die Grand Slam voltooi en is onoorwonne ná twee wedstryde, maar die afrigter, Andy Farrel, verwag ‘n groot aanslag van Wallis.