Ierland se Sesnasies-hoop stukkend
‘n Skepdoel op die nippertjie deur Marcus Smith het gesorg dat Engeland die Sesnasies-kampioene Ierland se droom van agtereenvolgende Grand Slams beëindig het, met ‘n dramatiese 23-22-oorwinning op Twickenham. Smith het die wenskop oorgeklits en Engeland se lopie van vier agtereenvolgende loesings deur Ierland beëindig. En in Rome het Italië Skotland 31-29 die loef afgesteek vir hulle eerste Sesnasies oorwinning tuis in elf jaar. Italië was met rustyd 22-16 agter, maar die Azzuri het daarna uitgeblink vir die oorwinning.