Identikidz: Jou kind is veilig op die Kaap se strande die vakansie

Die Stad Kaapstad se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en Vroeëkinderjare-ontwikkeling, sê hy is gereed om met sy jaarlikse Identikidz-program te begin. Die program maak deel uit van sy veldtog om ‘n veiliger omgewing te skep by 16 strande gedurende die besigste dae van dié feestyd. Die Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia Van der Ross, sê die waterdigte armbande sal elk ‘n unieke nommer hê wat met die registrasie-proses gekoppel word aan die besonderhede van ‘n spesifieke kind: