Huurraad: regering sloer aspris sê AR

Die Affirmative Repositioning-beweging sê die regering sloer met die wetgewing in verband met die huurbeheerraad. Die beweging se woordvoerder Simon Amunime sê hulle het herhaaldelik aan die minister van stedelike ontwikkeling geskryf maar die pogings het op niks uitgeloop nie. In sy mening is die pogings om die wetgewing te vertraag aspris omdat die ministers self eiendom besit en verhuurders is. Maar volgens die minister, Erastus Uutoni is die wetgewing tans by die prokureur-generaal se kantoor vir hersiening voordat dit in die parlement voorgelê sal word. Die huurraad sal sekere standaarde en gepaardgaande tariewe implementeer. Daar was voor onafhanklikheid ‘n huurraad maar dit is na onafhanklikheid mee weggedoen deur die Swapo-regering.