Hulpskema ontken dat 8 000 Wits-studente nog nie toelae ontvang het nie

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente in die buurland sê hy het die verwerking van studentetoelaes versnel. Hy voeg egter by die spoed en omvattende vrystelling van fondse hang deels daarvan af dat relevante en toepaslike inligting oor studenteregistrasie die organisasie betyds bereik. Wits beweer meer as 8 000 studente se toelaes was nie teen verlede Vrydag betaal nie, maar die organisasie ontken dit. Die hulpskema se woordvoerder, Slumezi Skosana, sê hulle sal voortgaan om met alle instellings te skakel en seker te maak struikelblokke word hanteer: