Hulp vir Mia die leeuwyfie in Mosselbaai dringend nodig

Die Ubuntu Wildreservaat buite Mosselbaai in die Suid-Kaap versoek bystand met die vierjarige leeuwyfie, Mia, se mediese behandeling. Mia is deel van ‘n groep van vyf leeus wat in 2019 uit Oekraïne gered is. Sy is met limfoom en moontlike bloedkanker gediagnoseer en moet vanaf die Wes-Kaap na Gauteng vervoer word vir verdere ondersoeke. ‘n Veearts, Dr Pete Caldwell, sê dit is belangrik dat Mia se toestand noukeurig gemonitor word: