Hulp steeds nodig by Suide-veldbrande

Die twee groot veldbrande in die suide van Namibië woed steeds voort. Die veldbrand in die Karasberge tussen Karasburg en Aroab in die Karas-streek is volgens boere buite beheer. Boere in die Hardap-streek by die Haribes-hervestigingsplaas tussen Mariental en Maltahöhe veg ook steeds verwoed teen die vlamme wat deur wind aangedryf word. Die Hardap-goewerneur Salomon April en streeksraadslid Gershon Dausab het ook gehelp brand slaan. April sê alhoewel geen lewens van mense en vee geëis is nie, is die skade aan die verlies aan weiding verwoestend vir die boere en hulp soos watertenkwaens is nodig.