Hulp nodig in informele nedersettings in die hoofstad

Daar is ‘n sopkombuis in die Havana informele nedersetting in Windhoek met die naam Ebenezer wat sowat 200 minderbevoorregte kinders voed. Die sopkombuis het geen donateurs of borgskappe nie, en Jennie Gabriel, een van die stigters van die sopkombuis, doen ‘n beroep op Namibiërs om haar te help met enige donasies om haar sopkombuis aan die gang te hou. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle skenk ook klere en skuiling aan kinders.