Hulp nodig by veldbrand tussen Uhlenhorst en Hoachanas

Daar woed ‘n groot veldbrand tussen Uhlenhorst en Hoachanas in die Hardap-streek. Die veldbrand word aangevuur deur ‘n wind wat sterk vanuit die Weste waai. Hoekus van Niekerk, ‘n boer van Uhlenhorst, doen ‘n beroep op boere in die omgewing om te kom help om die vuur te blus.