Hulett staan skoolkinders by

Minderbevoorregte leerders van die Hambanathi-gemeenskap aan die KwaZulu-Natalse Noordkus is terug by die skool, uitgevat in splinternuwe uniforms wat deur suikerrietboere en die landbousake-reus Tongaat Hulett voorsien is. Die leerders van die Hoërskool Nkosibomvu was verheug toe hul nuwe uniforms en skoene aan hulle oorhandig is, en ook vol lof vir die groot skenking. ‘n Woordvoerder van Tongaat Hulett, Nkonzo Mhlongo, sê die verdienstelike leerders is erg geraak toe hul ouers tydens die inperking hul werk verloor het: