Huldeblyke stroom in vir Theuns Jordaan

Huldeblyke stroom in na die gewilde sanger en liedjieskrywer Theuns Jordaan vanoggend sy stryd teen leukemie verloor het. Hy was 50 jaar oud. Jordaan is verlede jaar met leukemie gediagnoseer. Hy het in Maart ‘n beenmurgoorplanting gehad en sedertdien hard geveg om die siekte te oorwin. Jordaan wat in 2001 sy debuutalbum Vreemde Stad vrygestel het, het verskeie musiekpryse, soos die Sama in 2013 met Roeper, sy topverkoperalbum in Suid-Afrika, gewen. Hy word deur sy ouers, Wilie en Maryna, en suster Linda oorleef. Die ATKV en Steve Hofmeyr het onder meer hul medelye uitgespreek. Musiek-agent Lydia Winchester gesels met Kosmos 94.1 Nuus.