Hulde aan Von Finkenstein

Die voormalige burgemeester van Windhoek en mediese dokter, Björn von Finkenstein is oorlede op die ouderdom van 63. Von Finkenstein het in 1992 ‘n Windhoek-raadslid geword en later as voorsitter van die uitvoerende komitee gedien. Hy was adjunkburgemeester in 1993 en 1994 en het as burgemeester van die hoofstad gedien van 1995 tot 1998. Hy was ook ‘n direkteur van die Namibiese Bloedoortappingsdiens. President Hage Geingob en die landbouminister, Calle Schlettwein het beide hulde aan hom gebring op hulle sosiale media platforms. Von Finkenstein was van Pruisiese adelstand.