Houtskool-vereniging verwelkom waardetoevoeging

Die voorsitter van die Houtskool-vereniging van Namibië, Michael Degé het gereageer op die aankondiging deur die handelsministerie dat die bedryf een van die industrieë in die land is waar waardetoevoeging geprioritiseer moet word. Degé sê daar word ‘n mini-ekspo op 2 en 3 September gehou om nuwe produkte bekend te stel.